On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Motief onbekend ná moord op bejaarde vrou van Bayswater

───   KEKELETSO MOSEBETSI 08:29 Thu, 20 Jul 2023

Motief onbekend ná moord op bejaarde vrou van Bayswater | News Article
Photo: Bloemfontein Courant

Die Vrystaatse polisie het 'n beroep op die publiek gedoen om te help met inligting nadat ’n bejaarde vrou Woensdag in Bayswater, Bloemfontein, vermoor is.

Die liggaam van Barbara Elaine Coetzee (75)  is Woensdag deur werkers van ’n tuindiensmaatskappy ontdek wat ’n stoorplek agter haar huis het. Die werkers beweer dat die hek nie soos gewoonlik oop was nie. Een van hulle het oor die heining geklim en haar deur die venster op die grond sien lê.

Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê paramedici het Coetzee op die toneel dood verklaar. “Speurders van die polisie en die forensiese eenheid was lank op die toneel om na leidrade te soek. ’n Saak van moord is by die Bayswater-polisiekantoor aanhangig gemaak,” sê hy.

Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte David Ramasoala by 082 4681 624 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel. ‘n Boodskap kan ook op die MySAPS-toepassing gelaat word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.