On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde slangvanger van Bultfontein gevonnis

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:58 Thu, 20 Jul 2023

Beweerde slangvanger van Bultfontein gevonnis | News Article
Screen short of a fake snake catcher, Johan Dippenaar (47): Photo supplied by SPCA

’n Video is in Maart verlede jaar op sosiale media geplaas waarin Johan Dippenaar (47) van Bultfontein twee slange en ’n rot mishandel.

Hy is vandeesweek gevonnis nadat hy op 7 Junie 2023 op aanklag van dieremishandeling skuldig bevind is.

Hy het 'n pofadder en 'n rinkhals gevang, maar hulle mishandel om hulle teen mekaar te laat veg met die rot as prys vir die wenner.  Die voorsitter van die Virginia DBV, Thea Smit, sê die DBV-inspekteur Ernest Khakhau het onmiddellik opgetree nadat hy die video gesien het.  Hy het die beskuldigde opgespoor en Dippenaar is aangekla ingevolge die Dierebeskermingswet Nr. 71 van 1962.

Voordat Dippenaar ’n boete van R4 000 of nege maande tronkstraf opgelê is, het die landdros Marlize Coetzee beklemtoon dat dieremishandeling ’n ernstige misdaad is waarteen opgetree moet word. Sy het beklemtoon dat wanneer mense ’n slangvanger ontbied, verwag hulle dat daardie persoon gekwalifiseerd is. Sy het Dippenaar ook verbied om in die besit van enige slange te wees.

Hy het voorgegee dat hy ’n slangvanger in die Bultfontein-omgewing is, maar getuienis van kenners het getoon dat hy nie een is nie en dat hy die slange vir sy eie vermaak gemartel het om aandag op sosiale media te kry.


OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.