On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley se veerpyltjie-sensasie gekies vir Wêreldbeker in Amerika

───   HEIDRÈ MALGAS 11:23 Thu, 20 Jul 2023

Kimberley se veerpyltjie-sensasie gekies vir Wêreldbeker in Amerika  | News Article
Leane van der Walt. Foto verskaf.

Leane van der Walt (18) van Kimberley is gekies om Suid Afrika in die PDC Wêreldbeker in die Amerikaanse deelstaat Florida te verteenwoordig.

Van Der Walt sê sy het die sport begin geniet toe sy eendag saam met vriende na die Hoffe Park-klub gegaan het. Die goeie gees van die spelers en die opwinding was vir haar fantasties en sy wou graag deel daarvan wees.

Op 14-jarige ouderdom het sy begin veerpyltjies speel en twee weke nadat sy by die klub aangesluit het, het Botswana by die klub kom speel.

“Ek was die jongste speler en tot almal se verbasing het ek die vroue-enkelspel gewen. Almal het my aangemoedig om aan te hou speel,” sê sy.  


“Die Kemo Darts Club het in daardie stadium saam met die Hoffe Park Darts Club gespeel.  Die ongelooflike ondersteuning en aanmoediging om my tegnieke te verbeter het bygedra tot my sukses."


Sy sê jy moet vir die sport ’n natuurlike aanleg hê, asook vooruit kan beplan wat die volgende getal is wat jy moet gooi.  

Haar hoogtepunt is toe sy in April aan die PDC Wêreldbeker-kwalifisering in Gqeberha deelgeneem het.Sy was verheug toe haar naam uitgeroep is vir die span wat na Amerika gaan. Nou moet sy nog net ’n plan maak om te kan bekostig om te gaan.  Sy het ’n rooster uitgewerk sodat sy ’n balans kan handhaaf tussen die veerpyltjies en haar studie.


Die grootste invloed op haar sport is Devon Pieterson, Suid-Afrika se veerpyltjiekampioen. Hy strewe daarna om veerpyltjies in Suid Afrika te bevorder en nuwe talentvolle spelers die geleentheid te gee om hul potensiaal te ontwikkel.  




 OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.