Central SA
ANC verloor steun; wen steeds 4 wyke in Mangaung─── LUCKY NKUYANE 13:20 Thu, 20 Jul 2023
Die ANC het al vier wyke in die Mangaung Metromunisipaliteit behou ná gister (19/7) se tussenverkiesings, maar het steun verloor in vergelyking met die plaaslike verkiesings in 2021
Mmathaba Rasengane, woordvoerder van die OVK in die Vrystaat, sê dit sluit in wyk 29 in Botshabelo, wyk 7 in Bloemfontein, wyk 49 in Thaba Nchu en wyk 40 in Wepener. Clement Sehloho het in wyk 7 met 54% gewen en Elias Matsepe in wyk 29 met 56%.
Die nuwe raadslid vir wyk 49 is Julia Lekhoele wat met 41 % gewen het. Nicolas Monare het met 63% in wyk 50 gewen. Hulle is almal ANC-wyksraadslede. Die tussenverkiesings is gehou omdat agt wyksraadslede in Maart 2023 geskors is.
Die EFF, ANC, DA, Active African Christians United Movement (AACUM), die Progress Party, die IVP, die nuwe Lentswe La Batho (LLB) party, en die United Christian Democratic Party (UCDP) het aan die tussenverkiesing deelgeneem saam met onafhanklike kandidate. Die ANC se Gregory Nthatisi neem sedert April as burgemeester waar.
Sehlolo sê die swakker kiesersopkoms kan toegeskryf word aan die skole wat weer begin het. Hy sê as die tussenverkiesings op ’n naweek gehou was, sou die uitslae beter gelyk het.
OFM Nuus
