Central SA
Vuurwarm boekbesprekings verdryf die Clarens koue─── MORNÉ VAN ROOYEN 07:40 Sun, 23 Jul 2023
Boekwurms kan vanoggend nader skuif vir die laaste dag van Clarens se eerste Vrye Weekblad Boekefees.
Louis Gaigher gesels om tienuur in die Protea Hotel met legendariese inwoners soos Johrné van Huyssteen, Debra Stewart, en Brenda Shepherd, Peter Badcock oor dié Oos-Vrystaatse dorp en boeke.
Fees-organiseerder Deborah Steinmair sê niks verdryf die koue soos vuurwarm boekbesprekings nie.
Die fees vind plaas in die Protea Hotel by Marriott Clarens – swierig en bestand teen wind, weer en beurtkrag.
Om elfuur sluit die drie dag lange fees af met voorlesings deur digters soos Kirby van der Merwe, Bibi Slippers, Jolyn Phillips en Dianne du Toit Albertze van hul eie gedigte.
