Central SA
Krugersdorp waterkrisis: VF+ sal hom nie laat intimideer nie─── 07:44 Sun, 23 Jul 2023
Aan Gauteng se Wes-Rand sê die VF Plus hy sal hom nie laat intimideer oor Krugersdorp se waterkrisis nie.
Die speaker van Mogale City, Lucky Cele, het die VF Plus die afgelope week afgejak nadat die party skriftelik aansoek gedoen het om 'n spesiale raadsvergadering oor die voortslepende waterkrisis.
Groot dele van Krugersdorp is al langer as tien dae sonder water ná Randwater se onderhoudswerk aan die Eikenhof-pompstasie.
Die speaker het geanmtwoord die saak moet met departementshoofde bespreek word; geen spesiale raadsvergadering sal toegestaan word nie.
Mogale City VF Plus raadslid Tjaart Steenkamp sê hulle was in gesprek met departementshoofde, wat nie kon sê wanneer die waterkrisis opgelos sal word nie…
Intussen oorval ontstoke inwoners die party wat antwoorde vra oor die waterkrisis.
Die party het selfs die premier, Panyaza Lesufi, en die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Mzi Khumalo, versoek om in te gryp.
Dit is steeds onbekend wat die vlakke van water in die Dan Pienaar-, Munsieville- en Kenmare-reservoirs is nadat dit Maandagmiddag nog leeg was.
