On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Drie vas vir klerediefstal

───   MORNÉ VAN ROOYEN 07:47 Sun, 23 Jul 2023

Drie vas vir klerediefstal  | News Article

Drie verdagtes van Odendaalsrus, onder wie ’n swanger vrou, kom na verwagting môre voor in Bothaville se landdroshof nadat hulle na bewering talle klerewinkels daar beroof het.

Lede van die hoofwegpatrollie was Donderdagmiddag aan diens in die middedorp toe hulle verdagte optrede opmerk van drie vroue, van wie twee ‘n plaaslike klerewinkel se uniform aangehad het. 

Kort daarna het ‘n agstige vrou in ’n Toyota Corolla geklim. 

Die wetstoepassers het dit deursoek en afgekom op drie swartsakke vol nuwe klere en skoene. Een van die verdagtes is toe reeds in ‘n klerewinkel aangekeer. 

Die drie, tussen 34 en 37, bring die naweek in aanhouding deur.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.