On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige predikantsvrou van Harrismith word ter ruste gelê

───   ELSABÉ DE JAGER 12:04 Tue, 25 Jul 2023

Voormalige predikantsvrou van Harrismith word ter ruste gelê | News Article
Dorothea Brits

’n Gewese predikantsvrou wat elf jaar gelede ’n gesinsaanval oorleef het, sal Vrydag begrawe word.

Die 69-jarige weduwee van ds. Willem Brits wat op 12 November 2012 saam met sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, vermoor is, is verlede week in die Busamed-hospitaal op Harrismith oorlede. Dorothea Brits is aan orgaanversaking dood.

Sy is swaar gewond in die aanval en haar aangenome seun, Martin, en Elliot Mhlambi is albei tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Sy is byna blind gelaat en het ook skedelbreuk opgedoen. Haar dogter Thea, wat ten tye van die aanval tuis was, was ongedeerd.

Nadat sy vroeg in 2013 uit die hospitaal ontslaan is, het Brits laat blyk dat sy graag haar seun in die tronk sou wou besoek. Sy het hom sedertdien dikwels besoek, en gesê sy het hom vergewe, maar hy moet steeds die gevolge van sy dade dra.

Ds. Willem Brits. Foto: Facebook

Die kerkkantoor van die NG Kerk Kerkenberg het bevestig dat Brits Vrydag om 11:00 vanuit dié kerk in Harrismith begrawe sal word. Dit is dieselfde gemeente waar haar man destyds predikant was. Hy is óók vanuit daardie kerk begrawe.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.