Central SA
Leë juwelebokse en sakke in veld by Kimberley gevind─── ZENANDE MPAME 12:20 Wed, 26 Jul 2023

Iemand wat in ’n veld naby Riviera, Kimberley, geloop het, het Maandag (24/7) leë juwelebokse en sakke gevind.
“Die polisie kan nie bevestig of hierdie bokse en sakke verbind kan word met die onlangse rooftog by die juwelierswinkel by ’n winkelsentrum in Kimberley nie,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Leë ringboksies is in 'n sloot in die veld in Riveria gevind. Foto: Danie van der Lith
Daar was Dinsdag 18 Julie omstreeks 10:50 'n gewapende roof by die North Cape Mall in Kimberley.
LEES OOK: An armed robbery occured at shopping mall in Kimberley
Vyf onbekende mans, geklee in swart, het ’n winkel binnegegaan en 'n onbekende bedrag se juweliersware van die eienaar geëis en gevlug.
'n Beloning van R10 000 is deur die eienaar aangebied aan enigiemand wat na vore kom met inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van diegene wat by die gewapende rooftog by Pyramid Jewellers betrokke was. Die ondersoek duur voort.
OFM Nuus