On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Suid-Afrika se toerismesyfers toon ’n oplewing

───   15:54 Thu, 27 Jul 2023

Suid-Afrika se toerismesyfers toon ’n oplewing | News Article
Die getal toeriste het byna verdubbel. Foto: iStock

Die aantal mense wat Suid-Afrika in die eerste helfte van die jaar besoek het, het verdubbel vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het meer as vier miljoen toeriste tussen Januarie en Junie vanjaar in die land aangekom. Dit vergelyk goed met 2,3 miljoen toeriste in die eerste ses maande van 2022.

Zara Nicholson, woordvoerder van die Departement van Toerisme, sê hulle is tevrede met die styging van 78,2%. Sy sê net meer as drie miljoen besoekers was van Afrika-lande.

“Besoekers van Australië en Nieu-Seeland het met 141% gestyg. Dit is meer as 50 000 toeriste teenoor die vorige jaar se 21 000. Europa was die grootste bron van toeriste buite Afrika, waar ons ook groei ervaar het met 'n toename van 66,8%.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.