Central SA
Upington-polisie op soek na vermiste man─── 11:42 Fri, 28 Jul 2023
Jacobus Keizer is as vermis aangemeld. Foto verskaf
Jacobus Keizer (49) is as vermis by die polisie in Upington aangemeld. Hy is laas op 30 Junie 2023 in Raaswater gesien.
Dit is onbekend watter klere hy aangehad het toe hy vermis geraak het. Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte, Neville Rich, by 082 785 0637 bel.
Die polisie sê mense moet onthou daar is geen wagtydperk om iemand as vermis aan te meld nie.
