On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Singende eende presteer op ’n hoë noot

───   ELSABÉ DE JAGER 11:42 Fri, 28 Jul 2023

Singende eende presteer op ’n hoë noot | News Article
Die Primêre Meisieskool Oranje se senior koor het die derde plek in die finale rondte van die ATKV Applouskompetisie behaal. Foto: Facebook

Hy het besluit dit is tyd om vir die nuwe generasie die monument te kom wys.

Rondom die koepel in die Voortrekkermonument se Heldesaal het Oranje Meisies se hoër- en laerskool vandeesweek ’n lied gesing wat toeriste in verwondering laat stilstaan en luister het.

Werner Stander, koorleier van Oranje Meisieskool, beskryf die kore se spontane optrede in die Voortrekkermonument as een van die hoogtepunte tydens die week waarin hulle deelgeneem het aan die ATKV Applouskoorkompetisie.

Koorlede by die Voortrekkermonument. Foto: Facebook

Die singende eende se klank is Woensdag tot nóg ’n hoër noot gevoer toe die Primêre Meisieskool Oranje se senior koor die derde plek losgesing het in die finale ronde van die ATKV Applouskompetisie.


Waardering soos “Julle kweek ’n liefde wat die kinders op 50 en 60 hopelik nog gaan laat sing!”  is op sosiale media uitgespreek teenoor Stander en koorbegeleier Maretha Steyn vir hul toewyding.

Maretha Steyn, begeleier, en Werner Stander, koorleier. Foto: Facebook

Stander sê hy is trots op elke dogter. Die interaksie tussen die deelnemers van verskillende kore oor die land was goed vir elke kind. Hulle sal volgende jaar voortbou op vanjaar se harde werk.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.