On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisielede op borgtog ná voorval met onwettige sigarette

───   HEIDRÈ MALGAS 13:49 Fri, 28 Jul 2023

Polisielede op borgtog ná voorval met onwettige sigarette | News Article
FOTO: Verskaf

Twee polisielede, Omphitlhetse Joseph Rantlhoa en Kabo Nicholas Molebatsi, is op borgtog van R2 000 vrygelaat nadat hulle 'n vragmotor met onwettige sigarette deur die Skilpadshekgrens gelaat het.

Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê hulle het in die landdroshof in Lehurutshe verskyn ná ’n insident waar die vragmotorbestuurder by die Skilpadshek-grenspos in hegtenis geneem is. 

Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die man is op Vrydag (21/7) deur die teenkorrupsie-eenheid aangekeer is omdat hy nie onwettige sigarette ter waarde van meer as R12 miljoen verklaar het nie. "Die vragmotorbestuurder het omstreeks 06:40, tydens beurtkrag, van Botswana  Suid-Afrika by die Skilpadshek-grenspos binnegekom," het sy gesê.

LEES OOK: Man weens miljoene se onwettige sigarette vandag in hof in Noordwes

Vragmotors word nie toegelaat om tydens beurtkrag die land in te kom of te verlaat nie, omdat die rekenaars dan nie op die netwerk is nie.


Gekonfiskeerde sigarette. Foto verskaf

“ ’n Polisielid het na bewering gesien hoe die vragmotor die grens verlaat en na Zeerust ry. Hy het sy bevelvoerder gekontak en die vragmotor is voorgekeer voordat dit Zeerust bereik het.” 

OFM Nuus het ook berig dat die Valke op ’n wenk gereageer het en onwettige sigarette van R7,8 miljoen in ’n gastenkwa gekry het. Die vragmotor is voorgekeer en deurgesoek. Daar is op 482 kartonhouers met 50 kartonne onwettige Chelsea-sigarette in elk beslag gelê. Die man is deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in hegtenis geneem.

LEES OOK: Miljoene se onwettige sigarette in gastenkwa gekry

Mokgwabone sê die bestuurder is in hegtenis geneem vir die smokkel van onwettige sigarette nadat dit bekend geword het dat Rantlhese nie die vragmotor deursoek het nie. Die polisielede is deur die provinsiale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. 

LEES OOK: Man weer in hof ween R12 miljoen se onwettige sigarette

"Sello Kwena, provinsiale kommissaris van Noordwes, is verlig dat die polisielede in hegtenis geneem is en het hulle optrede as onprofessioneel, onaanvaarbaar, en skadelik vir die reputasie van die polisie veroordeel," sê Mokgwabone.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.