On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte kry borgtog ná aanval op Hennenman-boer

───   ZENANDE MPAME 13:04 Fri, 28 Jul 2023

Verdagte kry borgtog ná aanval op Hennenman-boer | News Article
Craig Johnson en Gwyn Barkhuizen. Foto: Facebook

Die 23-jarige man wat die Hennenman-boer Craig Johnson na bewering aangerand het, is Vrydag (28/7) borgtog van R2 000 in die Hennenman-landdroshof toegestaan.

Juan-Pierre Roestorff se borgtog kom met voorwaardes dat hy tussen 20:00 en 04:00 onder huisarres sal wees, met geen kontak met enige van die getuies totdat die saak afgehandel is nie.

Johnson het glo vroeër Saterdagaand by 'n gewilde kuierplek in Hennenman ’n onderonsie met hom gehad. Johnson het saam met sy meisie, Gwyn Barkhuizen, gery. Hulle is later die aand van die pad afgetrek en dit is toe dat Johnson na bewering aangerand is.

Barkhuizen kon hom in die motor intrek en het na ’n nabygeleë hospitaal gejaag.

Juan-Pierre Roestoff. Foto: Facebook

Johnson is in die hospitaal met ernstige gesigbeserings en 'n gebreekte been.

LEES OOK: Man in hof ná aanval op Hennenman-boer

’n Man het glo vir die boer beduie om te stop. “Toe hy stop, is hy aangeval,” sê die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng.

“Hy is met 'n moersleutel oor die kop, bene en lyf geslaan. Sy been is gebreek en hy het frakture aan sy gesig opgedoen,” sê Thakeng.

Die volgende datum van die verhoor sal binnekort bekend gemaak word.

OFM News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.