On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje-munisipaliteit het planne vir water-infrastruktuur

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:01 Mon, 31 Jul 2023

Sol Plaatje-munisipaliteit het planne vir water-infrastruktuur | News Article
Photo: DA website

Die Noord-Kaapse provinsiale regering sê daar is planne om die Kimberley-gebaseerde Sol Plaatje-munisipaliteit by te staan met infrastruktuur-uitdagings wat ’n negatiewe impak op water- en sanitasiekwessies het.

Dit kom ná Senzo Mchunu, minister van Water en Sanitasie, se roetine-inspeksie en interaksie met die munisipaliteit, waartydens hy swak bedryf en instandhouding van water- en sanitasie-infrastruktuur geïdentifiseer het wat tot rioolstortings, waterlekkasies en -onderbrekings in Sol Plaatje lei. 

Wisane Mavasa, woordvoerder van Water en Sanitasie, sê die munisipaliteit het aangedui dat hulle finansiële uitdagings ervaar om die probleme op te los. Die departement het gesê afvalwater dam weens die oorvol rioolnetwerk en pompstasies binne die Kamfersdam- en Platfonteinpan op. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het gesê planne om probleme op te los, het reeds begin en die munisipaliteit het miljarde gekry om aandag te gee aan kwessies van vervalle infrastruktuur.

"Sol Plaatje kon befondsing van die nasionale tesourie vir infrastruktuur kry. Ek weet hulle het ’n tydraamwerk vir die implementering van daardie projek, wat sowat R2,5 miljard beloop. Hulle het vandag aan die minister gesê hulle het aansoek gedoen vir ’n verdere sowat R1,6 miljard. So ons werk daaraan om daardie teiken te bereik.”

Intussen het Mchunu ’n komitee gestig om aandag te gee aan uitdagings van watersanitasie. “Ons ondersteun hierdie bestuurskomitee en is vol vertroue dat dit die dienste van water en sanitasie in die stad sal verbeter,” het Mchunu gesê.

“Verskeie kwessies wat bedryf en instandhouding, verlies aan water deur lekkasies en veroudering van infrastruktuur insluit, sal beslis aandag kry. Ons moet water- en sanitasiedienste in hierdie munisipaliteit verbeter en verseker dat die mense die dienste en skoon lopende water in hul huis kry.”

LEES OOK: Sewage spillages in Northern Cape under spotlight

Tsakani Maluleke, Ouditeur-generaal, het kommer uitgespreek oor kwessies van rioolstorting in Sol Plaatje. Maluleke het die gebrek aan infrastruktuurinstandhouding deur Noord-Kaapse munisipaliteite as ’n wesenlike bedreiging vir die gemeenskap se gesondheid genoem. 

Die DA se Chris Whittaker het die vertraging in die aanwending van die multimiljardrandse waterdienste-infrastruktuurtoelae bevraagteken om Sol Plaatje se waterinfrastruktuur op te gradeer.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.