On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Beskuldigdes in plaasmoordsaak oor 2 weke weer in hof

───   ZENANDE MPAME 12:57 Mon, 31 Jul 2023

Beskuldigdes in plaasmoordsaak oor 2 weke weer in hof | News Article
Photo: Twitter

Die VF Plus in die Vrystaat het die borgtogaansoek van die beskuldigdes in die moordsaak van Mike Pattinson vandag (31/7) in Qwaqwa bygewoon.

Die beskuldigdes is borgtog geweier ná ’n dispuut en die saak is vir 'n formele borgtogaansoek tot 14 Augustus 2023 uitgestel. “Dit is belangrik vir die publiek en politieke partye om sulke hofsittings by te woon om te wys dat ons in solidariteit met die families is. 

"Ons sal nooit die wyse waarop hierdie plaasmoorde en -aanvalle in Suid-Afrika hanteer word, goedkeur nie,” sê Jan van Niekerk, Vrystaatse VF Plus-leier.

LEES OOK: Harrismith-plaasmoord: Aanklagte teen verdagtes hoop op

Vyf van die sewe beskuldigdes het verlede week in die Tseseng-landdroshof in Qwaqwa verskyn terwyl die ander twee in absentia verskyn het.

Mike Pattinson. Foto: Facebook

Hulle word van moord, huisroof, ontvoering, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla. Twee is in ’n skietery met die polisie gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Die beskuldigdes is Amos Ngcongwane, Lephosa Motaung, Teboho Mothibedi, Simpiwe Molaba en Siyabonga Maphalala. Die ander twee is nog nie geïdentifiseer nie.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.