On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Visser-diamantsaak na handelsmisdaadhof oorgeplaas

───   14:07 Mon, 31 Jul 2023

Visser-diamantsaak na handelsmisdaadhof oorgeplaas | News Article

Die Potchefstroom-streekhof het die bedrog- en diefstalsaak van die diamanthandelaar Fritz Stephanus Visser (51) na ’n ander hof vir verhoor oorgeplaas.

Hy sal op 23 Oktober 2023 in die spesialishandelsmisdaadhof in Klerksdorp verskyn. Hy is uit op borgtog van R10 000.

’n Diamant van meer as 100 karaat is in Mei 2016 by ’n myn in Ventersdorp ontdek. Dié myn word deur twee broers bedryf. Hulle het ’n aanbod van R42 miljoen vir die diamant gekry, maar Visser het die voornemende kopers ingelig dat hy ’n aanbod van R50 miljoen gekry het. Hy is ’n gelisensieerde diamanthandelaar en die potensiWle kopers het al voorheen met hom sake gedoen.

Ná verskeie onderhandelinge is die diamant op 12 Julie 2016 by sy kantoor in Johannesburg afgelewer. Visser het die diamant op dieselfde dag vir R38 miljoen verkoop en betaling ontvang. In Desember 2017 het hulle besluit om ’n saak by die polisie aanhangig te maak omdat hy in daardie stadium nog net R18 miljoen aan hulle betaal het.

Die staat sal aanvoer dat sy optrede met voorbedagte rade was, omdat hy hulle laat glo het hy het ’n koper met ’n beter aanbod.  Die broers het eers onraad vermoed toe hulle die R18 miljoen aan Visser wou teruggee en besef het die diamant is lankal verkoop. Die ondersoeke is afgehandel en die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.