On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Corlea help kinderhuis vrouwees vier in Bloemfontein

───   ELSABÉ DE JAGER 14:31 Tue, 01 Aug 2023

Corlea help kinderhuis vrouwees vier in Bloemfontein | News Article
Corlea. Foto: Coleske Artists

Moeilike paaie lei dikwels na pragtige eindbestemmings. Hierdie woorde kry Saterdag lewe wanneer vroue gesellig om ’n teetafel kuier in Bloemfontein.

“Om nog méér kleur aan die dag te gee, is prystrekkings ook deel van die program,” sê Franli Hedder, organiseerder van die President Kruger-kinderhuis se fondsinsameling. Die sangeres Corlea is die gaskunstenaar by dié damesoggend by Monte Bello Estate in samewerking met Proper Consulting Engineers.

Corlea en Elzanne gee kleur aan die dag.

Modekenner Elzanne sal gesels oor die mooi van vrouwees, jongste modes en ook die kleure van die nuwe seisoen. Ondersteuning vir hierdie saamkuier kan inderdaad die moeilike pad van ’n paar kinders laat afdraai na ’n pragtige eindbestemming.


Die kinderhuis op Reddersburg, wat in 1960 gestig is, is verantwoordelik vir 60 kinders van 3 tot 18 jaar oud. Kinders word hier groot in ’n liefdevolle omgewing met goeie opvoeding en lewenswaardes.

Die kinders word in ’n liefdevolle omgewing groot.

Kos, skoonmaakmiddels, skryfbehoeftes en basiese benodigdhede lei egter tot groot geldelike uitdagings. Hedder sê beurtkrag is ook ’n deurlopende proleem. Addisionele hulpbronne moet ingespan word om die daaglikse lewe in die kinderhuis voort te sit.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.