On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Publiek se hulp gevra nadat tienermeisie verdwyn

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:14 Fri, 04 Aug 2023

Publiek se hulp gevra nadat tienermeisie verdwyn | News Article

’n Tienermeisie van die Welriedal-kinderhuis, Anna-Marie de Lange (16), is verlede week laas gesien.

Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê De Lange is laas op 25 Julie by die Welriedal-kinderhuis in Riebeeckstad gesien.

Hy sê die opsigter het die polisie ingelig dat sy twee kinders gestuur het om De Lange omstreeks 20:15 te gaan help om haar klere in te pak, omdat sy veronderstel was om die volgende oggend na ‘n ander skool te gaan. Sy was in daardie stadium in die Orion-skool.

Die kinders het vir die opsigter kom sê dat sy nie in haar kamer is nie en haar klere weg is. Hulle het na haar begin soek maar kon haar nêrens kry nie. Hulle het gehoop sy sal terugkom omdat dit nie die eerste keer is wat sy verdwyn nie.

Anna-Marie de Lange (16). Foto verskaf

“Haar ma het vroeër gebel en gevra om haar dogter te kom besoek, maar sy het nie haar besoektye bevestig nie. Die opsigter het probeer om haar te bel maar sy het nie oproepe beantwoord nie.”

Die ma het later aan die polisie bevestig dat sy nie weet waar haar dogter is nie. Anna-Marie het ’n ligte vel, is medium gebou met lang bruin hare. 

Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte Thato Mokoena van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 067 170 6540 bel of die Stop Misdaadnommer 08600 10111.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.