On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Veedief wéér in hegtenis geneem

───   ZENANDE MPAME 12:08 Fri, 04 Aug 2023

 Veedief wéér in hegtenis geneem | News Article

'n Veedief is na bewering wéér in hegtenis geneem op die plaas Kookfontein, in die Victoria-Wes-distrik, terwyl hy skape gesteel het.

Die 35-jarige man wat op parool vir dieselfde oortreding is, sal Donderdag (10/8) in die Victoria-Wes-landdroshof verskyn vir 'n formele borgtogverhoor.

Die polisie se eenhede vir veediefstal- en bedreigde spesies op De Aar en Beaufort-Wes het die man vandeesweek in Victoria-Wes in hegtenis geneem, terwyl hulle ondersoek ingestel het na oorgrens-veediefstalsindikate wat tussen Victoria-Wes en Beaufort-Wes bedrywig is.

Intussen sal drie mans in Limpopo binnekort in die Nebo-landdroshof verskyn. Dit is nadat hulle Donderdag (3/8) by Maserumole in hegtenis geneem is in verband met die besit van vermoedelik gesteelde goedere, dwelms (nyaope), en 'n ongelisensieerde vuurwapen.

'n Lid van die Sekhukhune-blitspatrollie het ’n verdagte voertuig met vier mans opgemerk. Toe die voertuig gestop is, het een insittende gevlug. Die voertuig is deursoek en nyaope en 'n windbuks is gevind. Die voertuig het ook 13 bokke vervoer, waaroor hulle  nie kon rekenskap gee nie.

Dié bokke is in die voertuig gevind. Foto: SAPD

Die verdagtes sal van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, die besit van dwelms en die onwettige besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.

OFM Nuus 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.