Central SA
Vrystaatse laerskool gebruik steeds puttoilette ondanks ongeluk─── TSHEHLA KOTELI 12:05 Fri, 04 Aug 2023
Die Willows Primary School in Geluksdam gebruik glo steeds puttoilette al het een van die leerders daarin geval.
Die leerder is destyds lewend uit die puttoilet deur ‘n onderwyser getrek, maar die DA sê hy is bekommerd dat die skool jare ná die voorval steeds puttoilette gebruik. Die DA-lid Mariëtte Pittaway is een van die mense wat skole in die provinsie besoek het wat steeds van puttoilette gebruik maak.
Makalo Mohale, LUR van onderwys, sê daar is slegs vyf skole wat van puttoilette gebruik maak. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys sê egter daar is 33 skole in die provinsie wat dit nog gebruik. Die Willows Primary School was egter nie op albei lyste wat deur die regering ingedien is nie.

Van die leerders gebruik eerder die area agter die puttoilette.
“Die hartseer is dat die skool wel spoeltoilette het, maar dat dit nie aan die watertoevoer van die skool gekoppel is nie,” sê Pittaway. Van die leerders gebruik eerder die sement agter die puttoilette, wat onmenslik is.
Die DA het skole in die provinsie besoek wat steeds van puttoilette gebruik maak.
Sy sê die Vrystaat het in vergelyking met ander provinsies nie so baie puttoilette nie. Skole in die landelike gebied sukkel wel met ’n gebrek aan water en elektrisiteit. Vrae oor die probleme gaan einde Augustus by die wetgewer ingedien word.
