On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse vrouerugbyspan in naelbyt eindstryd vandag

───   HEIDRÈ MALGAS 11:44 Sat, 05 Aug 2023

Vrystaatse vrouerugbyspan in naelbyt eindstryd vandag | News Article
Die Vrystaat vroue-rugbyspan. Foto: Facebook

Die Vrystaatse vrouerugbyspan is gereed vir vandag se eindstryd in die Eerste Liga-kompetisie in Bloemfontein teen die SWD EaGirls van George.

Hulle het die publiek se belangstelling en ondersteuning nodig, veral vir hulle eindstryd teen SWD, sê Orna Prinsloo van die Vrystaatse Rugby-unie. “Dis ’n belangrike jaar vir ons vrouespan. 

“Ons kan moontlik opskuif na die Premierliga toe, maar ons moet net eers hierdie eindstryd wen en dan ook ’n promosie-relegasie-wedstryd.”

Hulle hoop om die profiel van vrouerugby in die Vrystaat én in die algemeen te verhoog. Baie mense is onbewus dat daar vrouerugby in die Vrystaat gespeel word.

Volgens Prinsloo is daar veral druk op die Vrystaatse span vandag omdat hulle goeie tellings behaal het deur die loop van die seisoen. “Ons vrouespan besef maar alte goed dat ’n eindstryd ’n heeltemal ander tipe van wedstryd is. Hulle het ook die hele week met so ’n ingesteldheid geoefen.”

“Die hype rondom die vrouespan is ook meer as ooit en ons afrigters het die hele week gepoog om die span se voete op die grond te hou tydens hulle oefensessies.” Die beste strategie om toeskouers geïnteresseerd te hou, is om punte aan te teken en te wen. Rugbytoeskouers hou immers daarvan om ’n wenspan te ondersteun.

“Ons het twee nuwe afrigters aangestel aan die begin van die seisoen. SARU het ook gehelp dat die Eerste Liga-kompetisie al die spanne insluit.” Die span het sewe wedstryde hierdie jaar gespeel teenoor slegs drie in die verlede. Die spelers het dus baie meer gehad om voor te speel.

‘Vrouerugby is werklik ’n saak van erns vir die Vrystaatse Rugby-unie’

“Die moontlike bevordering tot die Premierliga is natuurlik ook die grootste aansporing wat die span nodig gehad het om so goed te presteer hierdie seisoen,” vertel sy.

Die toekoms van vrouerugby lyk goed, meen Prinsloo. Vanjaar het hulle vir die eerste keer tien klubspanne gehad wat in ’n taai plaaslike klubliga meeding.

“Vrouerugby is werklik ’n saak van erns vir die Vrystaatse Rugby-unie en ons moet die spel bekendstel en ontwikkel by oud en jonk,” vertel Prinsloo.

Die wedstryd skop af by die Toyota-stadion in Bloemfontein vandag (5/8) om eenuur. Ingang is gratis en hekke maak elfuur oop. Toeskouers het ook die geleentheid om foto’s te neem saam met die Curriebeker-trofee en die Cheetahs-mascot tot 12:40.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.