On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse gimnaste blink uit in Amsterdam

───   HEIDRÈ MALGAS 12:17 Sun, 06 Aug 2023

Noord-Kaapse gimnaste blink uit in Amsterdam | News Article
Die Noordkaapse Vloergimnastiekklub. Foto: Facebook

Die Noord-Kaapse Vloergimnastiekklub het onlangs deelgeneem aan die 17de Wêreldgimnastrada in Amsterdam, Nederland.

Sharon Miller, afrigter en eienaar van die klub, sê die span het reeds vier jaar gelede begin met voorbereiding vir dié grootste tentoonstelling van gimnastiek ter wêreld. “Die proses behels identifisering van gimnaste deur hul optrede in plaaslike kompetisies, hul vermoë om vinnig roetines te leer, sowel as hul dansvermoë.”

Die Wêreldgimnastrada is nie ’n kompetisie nie, maar ’n feesviering van alle vorme van gimnastiek, tesame met danspassies. Elke item is 10 minute lank en word drie keer in die week opgevoer. Die klub se vertoning stel die moderne dansstyle eie aan Suid-Afrika ten toon.

Die eerste optrede is altyd die stresvolste, vertel Miller, aangesien die Suid-Afrikaanse span tuis nie dieselfde vloeroppervlak het om op te oefen nie. Daar is ook nie tyd vir oefensessies by die Wêreldgimnastrada nie. Tog is dit ’n groot geleentheid vir die gimnaste.

Die Noord-Kaapse gimnaste se sterk punt is hul dansvermoë. Foto verskaf

“Hierdie fees is een van die hoogtepunte in ons gimnaste se loopbaan, en elkeen sien daarna uit om deel te wees van die span en maak seker dat hulle alle prosesse volg om die span te haal,” sê sy.

Die span beaam almal dat dit ’n onvergeetlike oomblik was om te beleef. “Ons span se sterk punt is hul dansvermoë. Hulle volgehoue energie het mense aangespoor om ons vertonings by te woon.”

Die gemeenskap tuis ondersteun die span en het flink gehelp met die geldinsameling. Die span het ’n paar blikskud-insamelings in die strate gehou, wat goed ondersteun is, sê Miller.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.