On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Tienerseun van Upington glo deur familievriend vermoor

───   HEIDRÈ MALGAS 14:09 Thu, 10 Aug 2023

Tienerseun van Upington glo deur familievriend vermoor  | News Article
Theo Diteho se familie is meer hartseer as kwaad. Foto: Heidrè Malgas

Theo Diteho (14) word Saterdag in Pabello, Upington, begrawe.

Deon Diteho, sy oom en die familiewoordvoerder, sê een van die beskuldiges, Elvis Sikepe (38),  is ‘n familievriend en Theo het hom ‘Boetie’ genoem. Hy beskryf Theo as ’n lewenslustige kind, gehoorsaam en met ’n stoute glimlag.

Julandi Diteho, Theo se tannie, Melany Diteho, sy ma, Elizabeth Leshomo, Theo se ouma. Foto: Heidrè Malgas

Volgens Diteho het Sikepe beweer dat Theo homself gebrand het en dat die familie hospitaal toe moet gaan. Sikepe het ook brandwonde aan sy hande gehad, maar het beweer hy het dit opgedoen omdat hy Theo probeer help het.

Hy is deur Sikepe en nog twee beskuldiges glo vermoor oor beweerde dagga. Sikepe is voorsitter van die ANC se ZF Mgcawu-tak, senior brandbestryder en bekende gemeenskaplid. Diteho sê die familie is meer hartseer as kwaad. Geen ouer sal normaal kan optree as so iets gebeur nie.

Deon Diteho, familiewoordvoerder en Theo se oom. Foto: Heidrè Malgas

Hy sê die saak kon beter gehanteer gewees het as Sikepe vroeër die situasie aan hulle verduidelik het. “Theo verdien geregtigheid, hy het nie nodig gehad om so te sterf nie.”

Die plaaslike regering en die ANC ondersteun die gesin en maatskaplike werkers bied aan hulle die nodige berading. ‘n Gedenkdiens is vandag vir Theo by die Bongolwethu Primêre Skool in Pabalello, Upington, gehou.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.