On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse skoonheid dra Mej. Portugees-kroon

───   10:51 Fri, 11 Aug 2023

Vrystaatse skoonheid dra Mej. Portugees-kroon | News Article
Lilene Vieira Serrao van Welkom is as Mej. Portugees-Suid-Afrika gekroon. FOTO: Facebook/Miss Portuguesa Africa do Sul

Lilene Vieira Serrao (27) van Welkom is vandeesweek as Mej. Portugees-Suid-Afrika 2023 gekroon

Sy gaan in September haar geboorteland by die Mej. Portugees- nasionale skoonheidskompetisie in Lissabon, Portugal, verteenwoordig. Dit beteken sy mag dalk net op die glinsterende verhoog van die Mej. Wêreldkompetisie ’n draai maak.

Serrao neem al sedert haar kinderdae aan skoonheidskompetisies deel. Sy is in 2014, toe sy ’n matriekleerling van St. Dominic’s College was, as Miss Matjhabeng Junior Council gekroon.

 Op haar Instagram sê sy sy was in 2018 ’n finalis van die Miss Queen of South-Africa-kompetisie en in 2019 is sy as naaswenner van dié kompetisie gekroon. In 2020 het sy die kroon as Miss Mzantzi Africa gedra.

Lilene Vieira Serrao van Welkom is as Mej. Portugees-Suid-Afrika gekroon. FOTO: Facebook/Miss Portuguesa Africa do Sul

Volgens Mej. Portugees-Suid-Afrika se Facebookbladsy sal Serrao die verantwoordelikheid hê om die gesig en beeld van die Portugese gemeenskap in Suid-Afrika na die wêreld uit te dra. Die Mej. Portugees-kompetisie word wêreldwyd in lande waar Portugese gemeenskappe bly gehou. 

Lilene is volgens haar TikTokrekening ’n gekwalifiseerde onderwyseres en die eienaar van die LV-dagspa in Welkom.

Sy het vanjaar ook vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf en sê: “My droom is om vroue te bemagtig, nie net om myself te bevoordeel nie, maar om ander te inspireer en hopelik om hulle te bemagtig om mooi te voel.”

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.