On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste 11-jarige gevind

───   08:54 Mon, 14 Aug 2023

Vermiste 11-jarige gevind | News Article
Angelique Hayward is gevind. Foto: missingchildren.org.za

Angelique Bejanka Hayward (11), die laerskooldogter van Vereeniging wat vyf dae vermis was, is ongedeerd en in goeie gesondheid gevind.

Haar ma, Jesika Botha, sê sy is verskriklik dankbaar haar dogter is tuis. “Dit gaan onder omstandighede oukei met haar. Sy is net baie moeg.” 

Botha sê sy wil ’n besonderse woord van dank aan die gemeenskap oordra. Veral aan OFM-luisteraars wat die boodskap so vinnig versprei het.” 

Sy sê die afgelope twee dae was ’n baie traumatiese tyd maar hulle weet dit sal weer beter gaan. Angelique Hayward (11) was 5 dae vermis. “Ons is net verskriklik dankbaar sy is veilig en terug waar sy behoort. Ons sal almal se ondersteuning nooit vergeet nie.”

Pink Ladies het help soek na die vermiste elfjarige.

OFM het Vrydag berig oor Angelique, wat verlede Maandag (7/8) vermis geraak het. Angelique, ’n gr. 5-leerling aan die Laerskool Handhawer, is toé tussen 07:15 en 07:30 by die skool gewaar. 

Sy is vermoedelik saam met ’n 43-jarige man, wat sy ken, daar weg. Die organisasie, Pink Ladies, het bevestig Angelique is gevind. ’n Verdagte is ook na bewering aangekeer. Die polisie het bevestig die saak word ondersoek. Meer inligting sal later bygewerk word.

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.