On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Meisie van Upington skitter op Wêreldkampioenskap van Uitvoerende Kunste

───   HEIDRÈ MALGAS 12:51 Mon, 14 Aug 2023

Meisie van Upington skitter op Wêreldkampioenskap van Uitvoerende Kunste | News Article
Cleantha Koetzee. Foto verskaf

Cleantha Koetzee van Upington in die Noord-Kaap het aan die World Championships of Performing Arts in Amerika deelgeneem.

Meer as 70 lande neem aan die kompetisie deel. Cleantha se ma, Anthanique Beukes, sê Cleantha is sedert gr. 3 by die Dawrette Heyns Modelling Academy & Finishing School.

Sy het in 2022 in Rustenburg aan die South African Championships of Performing Arts in die modelafdeling deelgeneem en gekwalifiseer om Suid-Afrika in Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië te kan gaan verteenwoordig.

Cleantha Koetzee is al sewe jaar by die Dawrette Heyns Modelling Academy & Finishing School. Foto verskaf

“Die hoofdoel van die modelskool is om jou persoonlikheid te ontwikkel en selfvertroue te bou maar steeds nederig te bly. Sy leer alle vorme en tegnieke van modelwerk.” 

Die kompetisie word beskou as die amptelike “Talent Olimpiese Spele” vir aspirant- en vermaaklikheidskunstenaars.

Dawrette is ook ‘n gekwalifiseerde traumaberader en glo as jy emosioneel gesond is, maak dit ‘n groot verskil in hoe jy kompetisies hanteer. ’n Mens kan sien wanneer ‘n kind op ’n verhoog stap of haar seer haar terughou, sê Beukes. 

“Die modelskool het aanbeveel dat sy aan die kompetisie deelneem. Dawrette het gehelp met alle opleiding en tegnieke vir die verskillende style waaraan sy deelgeneem het.”  

Cleantha was baie skaam en het geleer om op een ding te fokus en daarin te presteer. 

Cleantha Koetzee se familie is baie trots op haar. Foto verskaf

Cleantha het ook ’n uitnodiging van ’n talentsoeker ontvang. Sy gaan nog drie jaar aan die kompetisie deelneem en Dawrette gaan saam met haar werk totdat sy klaar is met skool. 

Cleantha se uitslae:

Silwer - Casual Runway

Silwer - Pageant Formal

Silwer - Photogenic

Bronze - Spokesmodel


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.