Central SA
Vrystaatse munisipaliteit help boervroue om hul drome na te streef─── 09:02 Wed, 16 Aug 2023
Dertien boervroue het die Thabo Mofutsanyana Distriksmunisipaliteit verteenwoordig by die eerste jaarlikse beraad vir vroue in agrisake wat by Edenville in die Vrystaat gehou is.
Die munisipaliteit se eenheid vir landbou en landelike ontwikkeling het die vroue van verskillende munisipaliteite geborg om na die Sernic-plaas te reis.
Lebohang Moshoaliba, koördineerder, sê die doel van die beraad is dat ervare boere die vroue help. Hy het aan OFM Nuus gesê vroue in die distrik het ’n agterstand as dit by boerdery kom. “Ons wil sien dat hulle leiding neem en glo hulle kan dit goed doen as hulle net die geleentheid kry.”

Suksesverhale en tegniese kundigheid is deur sprekers en boere op die beraad gedeel om vroue in dié bedryf te help. Foto: Facebook
Die munisipaliteit beplan om meer mense te help om hul drome in boerdery te verwesenlik.
OFM Nuus/Tumelo Khotha
