On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Groot soektog om Deon Nel te vind

───   14:49 Wed, 16 Aug 2023

Groot soektog om Deon Nel te vind | News Article
Deon Nel. Foto: Twitter

’n Grootskaalse soektog in ’n mynskag naby Stilfontein is aan die gang na die liggaam wat vermoedelik dié van die vermiste Deon Nel (30) kan wees.

Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê verskeie soek-en reddingspanne is en was reeds by die soektog betrokke.  Dit sluit in polisieduikers, hommeltuie en soekspanne wat deur die myngroep gereël is wat van Durban en Kaapstad af kom. “Ons volg reeds ’n geruime tydjie die saak op, nadat ons inligting ontvang het dat die liggaam vermoedelik in die skag gegooi is.” Sy beklemtoon dat daar nog nie ’n liggaam gevind is nie en dat slegs DNS-monsters tot dusver geneem kon word. “Ons wag vir uitslae van die toetse.”

Nel, van Wolmaransstad, het op 6 Julie vermis geraak nadat hy in ’n kroeg in sy tuisdorp gaan kuier het. ’n 18-jarige man en 26-jarige vrou is reeds aangekeer. Daar is heelwat van Nel se besittings in hul besit gevind. Die beskuldigdes verskyn weer op 21 Augustus in die hof. Hulle bly in aanhouding.

Myburgh sê hul name word weerhou weens die sensitiwiteit van die ondersoek. “Ons is egter vol vertroue oor die ondersoek. Die beamptes wat betrokke is in die ondersoek het baie ervaring." Die familie wil geen kommentaar lewer nie.

OFM Nuus/ Karen van der Berg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.