On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Landdroshof se veiligheidswag vas oor diefstal

───   KEKELETSO MOSEBETSI 07:53 Fri, 18 Aug 2023

Landdroshof se veiligheidswag vas oor diefstal | News Article
Beeldmateriaal van ’n veiligheidskamera wys glo hoe die verdagte deur dokumente gaan. Foto: Facebook

’n Veiligheidswag van Klerksdorp se landdroshof word van inbraak en diefstal aangekla nadat hy na bewering in ’n senior aanklaer se laai gekrap en toe koffie en suiker gesteel het.

Die saak teen Kgangetsile Motsumi (50) is tot 12 September vir verdere ondersoek uitgestel. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Agterdogtige aanklaer installeer kamera

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, sê die aanklaer het agterdogtig geraak en vermoed haar kantoor word onregmatig betree, waarna sy ’n veiligheidskamera geïnstalleer het.


Kgantsetsile Motsumi (50) gaan deur die lêers van ’n senor aanklaer in Klerksdorp se landdroshof. Foto : Verskaf

Op die betrokke dag is sy na haar kantoor en het besef dat die kamera ontkoppel is. Toe sy die beeldmateriaal nagaan, het dit na bewering gewys hoe Motsumi “laaie oopmaak en dokumente nagaan voordat hy koffie en suiker neem”. Hy het toe besef die kamera neem hom af en het dit afgeskakel voordat hy die kantoor verlaat het.

Mamothame sê hy het glo ’n sleutel gebruik om toegang te verkry. Die Valke se hulp is ingeroep en Motsumi is in hegtenis geneem. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn.

‘Ander voorvalle nog nie met veiligheidswag verbind nie’

“Ander amptenare in die hofgebou het gekla oor items wat in hul kantore weg raak, maar dié voorvalle word nog nie met Motsumi verbind nie.” 

Die Direkteur van Openbare Vervolgings in Noordwes, dr. Rachel Makhari, het haar kommer oor die inbraak uitgespreek omdat die betrokke aanklaer met hoëprofielsake werk.

OFM Nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.