On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Gedenkdiens Saterdag vir vermiste Deon Nel gehou

───   11:54 Wed, 23 Aug 2023

Gedenkdiens Saterdag vir vermiste Deon Nel gehou | News Article
Foto: Verskaf

’n Gedenkdiens word Saterdag op Wolmaransstad vir Deon Nel (30) gehou. Sy liggaam is ná byna twee maande nog nie gevind nie nadat hy vroeg in Julie by ’n kroeg gaan kuier het.

Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, sê ’n grootskaalse soektog verlede week in ’n mynskag naby Stilfontein het niks opgelewer nie. 

Die polisie het reeds geruime tyd die saak opgevolg nadat hulle inligting ontvang het dat sy liggaam vermoedelik in die skag gegooi is. Sy beklemtoon dat daar nog nie ’n liggaam gevind is nie en dat slegs DNS-monsters tot dusver geneem kon word. “Ons wag vir uitslae van die toetse.”

’n 18-jarige man en 26-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat baie van sy besittings in hul besit gevind is. Hulle het Maandag weer in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

’n Gedenkdiens word Saterdag vir Deon Nel gehou. Foto: twitter.com

Die beskuldigdes se naam word weerhou weens die sensitiwiteit van die ondersoek.

• Die gedenkdiens word Saterdag om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk op Wolmaransstad  gehou.

OFM Nuus/ Karen van der Berg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.