On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Nog niemand aangekeer ná Noordwes-sakeman se moord

───   DANE BEISHEIM 09:57 Fri, 25 Aug 2023

Nog niemand aangekeer ná Noordwes-sakeman se moord | News Article

Die polisie in Noordwes het bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die skietdood van ’n sakeman nie.

TimesLive berig Jabulani Ben Gumbi het weke gelede ’n video van homself aanlyn geplaas waarin hy doodsdreigemente teen hom en sy familie beskryf.

Gumbi is Woensdag by ’n Rustenburgse koffiewinkel doodgeskiet.

Die polisiewoordvoerder in Noordwes Sabata Mokgwabone het bewerings op sosiale media – naamlik dat ’n verdagte in verband met die sakeman se moord in hegtenis geneem is – as onwaar afgemaak.

Hy het ook die publiek gemaan om nie vals, misleidende en ongeverifieerde inligting te versprei nie, aangesien dit verwarring onder familielede veroorsaak en waarskynlik die ondersoek kan beïnvloed.

Mokgwabone sê die polisie is op soek na twee verdagtes wat in ’n blou Volkswagen Polo op die vlug geslaan het ná die skietvoorval.

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.