On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat-kerk se koffers besteel: Skriba skuldig aan bedrog

───   07:20 Sat, 26 Aug 2023

Vrystaat-kerk se koffers besteel: Skriba skuldig aan bedrog | News Article
Die NG kerk Verkeerdevlei. Foto: Facebook

Weens haar bedrieglike aktiwiteite het die gemeente verlies van meer as R200 000 gely.

’n Voormalige skriba van die NG gemeente in Verkeerdevlei het Donderdag (24/8) tronkstraf vrygespring nadat die Landdroshof haar in Bloemfontein skuldig bevind het aan bedrog. Sy het meer as R200 000 uit die kerk se koffers verduister.

Die hof het bevind Margaret Elizabeth Grobbelaar-Borman (48) het van 2014 tot 2018 versuim om alle gelde wat as offerande aan die kerk gemaak is, in die kerk se bankrekening te deponeer. Sy het onregmatige, persoonlike aankope daarmee gedoen en soms haar maandelikse salaris verdubbel.

Margaret Elizabeth Grobbelaar-Borman

Lang vingers kom met oudit aan die lig

Grobbelaar-Borman se lang vingers het aan die lig gekom toe die kerk se finansiële kommissie in 2018 ’n rekenmeester aangestel het om die kerk se finansiële state te oudit.

“Weens haar bedrieglike aktiwiteite het die kerk ’n verlies van meer as R200 000 gely en die saak is toe by die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Bloemfontein aangemeld,” sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat.

Die hof het Grobbelaar-Borman tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat sy nie dieselfde oortreding pleeg nie. Sy is ook beveel om die kerk ’n bedrag van R147 000, soos volg, terug te betaal: R81 000 wat vóór of op 30 November 2023 betaal moet word, en die balans in maandelikse paaiemente van R2 000 vanaf Januarie 2024 totdat die hele bedrag ten volle betaal is.

Sy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.

‘Wet betoon geen genade’

“Genl.maj. Mokgadi Bokaba, hoof van die Valke in die Vrystaat, versoek diegene wat met geld vertrou word om ywer en integriteit aan die dag te lê omdat die wet geen genade sal betoon nie,” sê Singo.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane en Christine van der Westhuizen


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.