Central SA
Parlementêre komitee gee rekenskap oor onwettige mynbedrywighede─── LUCKY NKUYANE 08:56 Sun, 27 Aug 2023
Die Portefeuljekomitee oor Minerale Hulpbronne en Energie het 'n gedetailleerde verslag beskikbaar gestel ná onlangse besoeke aan Noordwes en Gauteng.
Die onwettige mynbedrywighede wat onlangs opslae gemaak het in onderskeidelik Noordwes en Gauteng, sal Sondag (27/8) weer onder die loep kom.
Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Minerale Hulpbronne en Energie het 'n gedetailleerde verslag beskikbaar gestel ná onlangse besoeke aan dié twee provinsies.

Die Valke is op 18 Augustus deur verskeie eenhede bygestaan om onwettige mynwerkers in Stilfontein in hegtenis te neem. Foto verskaf
Die komitee het dié twee provinsies besoek om die impak van die onwettige mynbedrywighede op gemeenskappe te evalueer. Die komitee het onderskeidelik Donderdag en Vrydag onwettige mynpersele in Noordwes by die ou Scot-myn in Stilfontein en Witrantjies Village in Rustenburg besoek.
Hulle het ook Saterdag onwettige myngebiede in Riverlea, Johannesburg, besoek.
OFM-nuus het vroeër berig 30 onwettige mynwerkers is in Stilfontein, naby Khuma, in hegtenis geneem.
In Oktober 2021, was daar 'n skietvoorval tussen die polisie en onwettige mynwerkers by Orkney toe meer as 80 mynwerkers deur die polisie in hegtenis geneem is.
Die minister van polisie het dieselfde gebied besoek om die kwessie van onwettige mynbou aan te spreek.

Ander items waarop beslag gelê is, het wapens, ammunisie, medisyne en gereedskap ingesluit. Foto verskaf
Dit was Bheki Cele se tweede besoek aan die provinsie ná president Cyril Ramaphosa se Imbizo vroeër vanjaar waar kwessies van misdaad, insluitend onwettige mynbou, dwelmhandel, roof, verkragting en moord, deur woedende inwoners geopper is.
Onwettige mynbedrywighede – nie net in Stilfontein nie, maar ook in omliggende gebiede, insluitend Orkney – word ook opnuut in die kollig geplaas met inwoners wat kla en bekommerd is.
OFM Nuus
