On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Soldaat in Bloemfontein vasgetrek met vuurwapens

───   10:28 Sun, 27 Aug 2023

Soldaat in Bloemfontein vasgetrek met vuurwapens | News Article
Vuurwapens en ammunisie is na bewering op die Tempé Militêre Basis gesteel. Foto: Facebook

Daar word beweer dat die verdagte gesteelde vuurwapens aan lede van die publiek verkoop het.

Die departement van verdediging het die inhegtenisneming van 'n soldaat verwelkom wat na bewering vuurwapens en ammunisie op die Tempé Militêre Basis gesteel het.

Siphiwe Dlamini, departementswoordvoerder, het gesê die polisie het op inligting gereageer toe hulle op ’n huis in Brandwag, Bloemfontein, toegeslaan het.

Hy het gesê daar word beweer dat die verdagte die vuurwapens aan lede van die publiek verkoop het.

Die items word na raming op R90 000 gewaardeer. Foto: Facebook

“Met sy inhegtenisneming is hy aangekla van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, die besit van ’n handgranaat, asook die besit van ’n SAPD-uniformpet.”

"Al (die) items word na raming op R90 000 gewaardeer," het Dlamini gesê.

Die soldaat sal binnekort in die hof verskyn ná sy arrestasie die afgelope week.

Die hoof van die SANW, genl. Rudzani Maphwanya, het sy waarskuwing aan alle soldate herhaal –  geen misdaad sal ongestraf bly nie.

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.