Central SA
Estina-suiwelplaasbedrogsaak hervat─── 09:25 Tue, 29 Aug 2023
Estina het van Julie 2012 tot April 2014 R280 miljoen ontvang. Ondersoeke het aan die lig gebring dat behoorlike tenderprosedures nie gevolg is nie.
Die multimiljoenrand Estina-suiwelplaassaak van oudminister Mosebenzi Zwane word Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor.
Zwane en 15 medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die SABC berig aanklagte spruit uit die beweerde plundering van die Vrystaatse landboudepartement se geldkoffers om 'n melkplaasprojek in Vrede te implementeer. Die doel was om voorheen benadeelde boere te bevoordeel en die mense van Vrede op te hef.
Estina het van Julie 2012 tot April 2014 R280 miljoen ontvang. Ondersoeke het aan die lig gebring dat behoorlike tenderprosedures nie gevolg is nie.
Van die beskuldigdes in die saak is die voormalige hoof van die provinsiale departement van landelike ontwikkeling, Peter Thabethe, die voormalige finansiële hoof van die landboudepartement Seipati Dlamini, die voormalige direkteur van Islandsite, Ronica Ragavan, en agt ander maatskappye.

