On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Hoërskool Douglas verteenwoordig Noord-Kaap by robotika-kompetisie

───   DANE BEISHEIM 11:17 Tue, 29 Aug 2023

Hoërskool Douglas verteenwoordig Noord-Kaap by robotika-kompetisie | News Article

Die afvalstowwe wat in die proses geskep word, kan ook gebruik word in die vervaardiging van seep en ander produkte.

Die Hoërskool Douglas kan die Noord-Kaap trots maak by die GovTech 2023 in Durban.

Dit is die enigste skool wat die Noord-Kaap sal verteenwoordig in ’n nasionale robotika-kompetisie. Vier leerlinge van 13 tot 15 jaar sal vanaf 11 September meeding aan die GovTech 2023 by die Internasionale Konvensiesentrum in Durban.  

Nuwe IKT-produkte en -dienste sal ook ten toon gestel word. Vanjaar is die 15de GovTech en die tema is “PlatformEconomy for Digital Transformation and Inclusive Growth”. 

Alana Visagie, onderwyseres van die Hoërskool Douglas, sê die leerlinge Frans Badenhorst, Johan Fourie, Kiandré Neelse, en Roowney Eland se projek fokus op die vermenging van koolstofdioksied en waterstof om skoon lug te produseer. Die afvalstowwe wat in die proses geskep word, kan ook gebruik word in die vervaardiging van seep en ander produkte. 

Hiermee wil hulle ’n diens aan agtergeblewende gemeenskappe bied.  Visagie sê die leerlinge is baie opgewonde oor die unieke geleentheid.  

OFM Nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.