On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-boere aangemoedig om brandbestryding te leer

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:19 Wed, 30 Aug 2023

Noordwes-boere aangemoedig om brandbestryding te leer | News Article
Die skade in die gebied wat deur die brand geraak is, is na bewering meer as R39 miljoen. Foto: Facebook

Die brande sal ’n groot ekonomiese invloed op die omgewing hê.

Die Noordwes-voorsitter van die provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing en Toerisme, Landbou en Landelike Ontwikkeling, Bitsa Lenkopane, het boere aangeraai om opleiding in brandbestryding te kry. Dit volg ná die onlangse veldbrande in die Kagisano-Molopo Plaaslike Munisipaliteit.  

Meer as 90 000 hektaar weiveld in die Kagosano-Molopo-munisipaliteit het afgebrand. Foto: Facebook

Sy het dit op ’n oorsigvergadering gesê wat die komitee by die Ga-Mariba Tribal-saal gehou het, waar alle geraakte boere deel van die vergadering gevorm het. Lenkopane sê die opleiding sal baie help om hul vee tydens veldbrande te beveilig en te beskerm. Die onlangse brande het meer as 90 000 hektaar weiveld in dié munisipaliteit afgebrand. Gebiede soos PLAS-plase, LRAD-plase en gemeenskaplike grond is deur die brand geraak.

“Dit is belangrik vir boere om hulself met die nodige vaardighede as brandbestryders toe te rus om hul vee te beskerm en te beveilig, in plaas daarvan om net op die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling te wag om hulle by te staan lank nadat daar ernstige skade aan eiendomme en verlies aan vee is.”

Die brande sal ’n groot impak op die uitwissing van armoede, werkloosheid en ongelykheid hê. Foto: Facebook

Lenkopane, het kommer uitgespreek oor die skade wat deur die onlangse brand aangerig is. Sy sê die brand is ’n ernstige nadeel vir die provinsie aangesien dit ’n groot impak op die uitwissing van armoede, werkloosheid en ongelykheid sal hê.

Intussen was die aanvanklike voorlopige assessering wat deur die departement gedoen is – van die omvang van die skade in die gebied wat deur die brand op (28/8) geraak is – na bewering meer as R39 miljoen.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.