On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

ANC skop Maluti-a-Phofung se burgemeester, speaker uit

───   14:22 Wed, 30 Aug 2023

ANC skop Maluti-a-Phofung se burgemeester, speaker uit | News Article
Illustrasie: municipalities.co.za

Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester en speaker kry die trekpas.

Die ANC in die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit se mosie van wantroue teen Gilbert Mokotso, uitvoerende burgemeester, en Paratlane Motloung, speaker, het geslaag. 

Allison Oats, DA-raadslid, sê MAP16 het die bewind van die munisipaliteit in 2021 met groot verwagtinge oorgeneem, maar ongelukkig het toestande aanhou versleg omdat die burgemeester nie die nodige leierskap getoon het nie.

Sy sê Mokotso het versuim om te verseker dat ’n ooreenkoms met Eskom gesluit word om elektrisiteit in die gebied te begin versprei, soos in ‘n hofbevel bevind is.

"Nog ’n voorbeeld is toe hy daarop aangedring het dat ’n raad van direkteure vir die waterentiteit Maluti-a-Phofung Water aangestel word en kort nadat hulle aangestel is, het die burgemeester hulle hof toe gesleep."  

Die DA is bekommerd dat nog 'n ANC-speaker en -burgemeester aangewys sal word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.