Central SA
Polisie soek na bejaarde Bloemfontein-egpaar se moordenaars─── 15:07 Wed, 30 Aug 2023

Die polisie is op soek na verdagtes wat 'n bejaarde egpaar op hul plaas buite Bloemfontein aangeval het.
Volgens Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, is die Kagisanong-polisie en noodpersoneel Dinsdag na 'n plaas buite Bloemfontein ontbied nadat 'n man 'n bejaarde egpaar in 'n plas bloed gevind het.
“Die egpaar se seun, wat buite Bloemfontein bly, het glo Donderdagaand laas met sy ouers telefonies gepraat. Hy het hulle die naweek en Maandag probeer kontak en later een van sy vriende gevra om te gaan kyk wat aangaan.”
Kareli sê aanvanklik het alles in orde by die plaashuis gelyk, maar die vriend het ontdek dat die deure oop was en die 71-jarige boer met snywonde aan sy kop en lyf gekry.
FARM MURDER: 29/08/2023, Bloemfontein, FS. 71 year old male victim stabbed and beaten to death. His wife survived the attack. @afriforum pic.twitter.com/F6qTUXAIeg
— Jacques Broodryk (@JacquesBroodryk) August 30, 2023
Die polisie het later sy beseerde vrou onder ’n matras gekry.
“Die 64-jarige vrou is in ’n kritieke toestand na die hospitaal geneem en haar man is op die toneel dood verklaar.”
Die Vrystaatse provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad het die ondersoek oorgeneem.
“Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte Morena Machalotsa bel by 073 729 1732, die Stop Misdaadnommer by 08600 0111 of ’n anonieme wenk na die MySAPS-app stuur.”
Mediaverklaring