On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiners vereer vir hul rol in die Afrikaanse taal en kultuur

───   ELSABÉ DE JAGER 20:30 Thu, 31 Aug 2023

Bloemfonteiners vereer vir hul rol in die Afrikaanse taal en kultuur | News Article
Leana Lategan, eertydse museumgeesteswetenskaplike by NALN.

Oorkondes is reeds die afgelope tien jaar oorhandig aan persone wat op die gebied van die Afrikaanse letterkunde, toneel, musiek, geskiedskrywing en ander kultuurverwante gebiede presteer het.

Drie Bloemfonteiners word vanjaar deur die Bloemfonteinse Afrikaanse Kultuurraad vereer vir hul rol in die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.



Afgetrede regsgeleerde van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Andries Raath, indekseerder en toergids by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum, Annelien Diedericks, en Leana Lategan, eertydse museumgeesteswetenskaplike by NALN, ontvang op 21 September dié eretoekennings tydens ’n geleentheid wat by die Oorlogsmuseum aangebied word.

Annelien Diedericks word vereer vir haar bydrae tot die bewaring en bevordering van Afrikaans

BAK voorsitter Willie Engelbrecht sê erkenning word aan Raath gegee vir sy jare lange bydrae tot die Afrikaanse geskiedskrywing, veral oor die Anglo-Boereoorlog. Beide Diedericks en Lategan ontvang toekennings vir hul jare lange bydrae tot die bewaring en bevordering van die Afrikaanse taal en letterkunde by NALN.

Prof. Andries Raath was as regsgeleerde verbonde is aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die BAK bied jaarliks ’n eretoekenningsgeleentheid aan om erkenning aan Bloemfonteiners te gee wat ’n beduidende rol in die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur lewer. Oorkondes is reeds die afgelope tien jaar aan verskeie persone oorhandig wat op die gebied van die Afrikaanse letterkunde, toneel, musiek, geskiedskrywing en ander kultuurverwante gebiede presteer het.

Engelbrecht rig ’n uitnodiging aan alle belangstellendes om hierdie geleentheid by te woon.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.