On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Johannesburg-brand: Naasbestaandes kan slagoffers uitken

───   10:39 Fri, 01 Sep 2023

Johannesburg-brand: Naasbestaandes kan slagoffers uitken | News Article
Meer as 70 mense is onherkenbaar verbrand toe vlamme ’n gebou vernietig het wat onwettig beset is. Foto: Twitter

Die liggame wat onherkenbaar verbrand het en sonder vingerafdrukke is, sal deur ’n DNS-proses uitgeken word.

Naasbestaandes sal Vrydag (9/1) toegelaat word om hul geliefdes te identifiseer wat omgekom het in die brand in Johannesburg se middestad.

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê families van die slagoffers kan van Vrydag af die Diepkloof-lykshuis in Soweto besoek om hul geliefdes uit te ken.

Meer as 70 mense is onherkenbaar verbrand toe vlamme ’n gebou in Marshalltown verswelg het wat onwettig beset is. Die departement sê die Gautengse forensiese patologiedienste sal die digitale vingerafdrukstelsel gebruik om onbekende liggame te identifiseer wat sigbare vingerafdrukke het.

Die liggame wat onherkenbaar verbrand het en sonder vingerafdrukke is, sal deur ’n DNS-proses uitgeken word.


“Van 09:00 tot 15:00 kan gesinne na die lykshuis kom. Dit sal ook die naweek oop wees. Daar sal ook beradingsdienste vir die bedroefde gesinne wees. Familielede, of familielede wat hul geliefdes wil kom identifiseer, moet hul oorspronklike ID-dokument en die ID van die oorledene of geboortesertifikaat hê. As die oorledene ’n buitelander is, ’n paspoort, of ’n asielsoekerspermit.”

Intussen sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, hy beoog om 'n komitee van ondersoek in te stel om die brand te ondersoek. Die voorkoms van gekaapte geboue in die stad sal ondersoek word. Hulle moet ook bepaal wie verantwoordelik vir die brand was.  Lesufi en Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal saamwerk.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.