On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Midvaal Water gevra om watergehalte te bespreek

───   DANE BEISHEIM 15:04 Fri, 01 Sep 2023

Midvaal Water gevra om watergehalte te bespreek | News Article

AfriForum doen 'n beroep op Midvaal Water om die situasie met betrekking tot watergehalte in die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes te bespreek.

AfriForum was nie kwaadwillig of opsetlik toe hy die inwoners van Klerksdorp en omstreke gewaarsku het van hoë nitraatvlakke in hul drinkwater nie.

Lambert de Klerk, die burgerregteorganisasie se woordvoerder van omgewingsbestuur, sê hulle het toetse gedoen wat hoë vlakke van nitrate aangedui het. 

AfriForum het 'n waarskuwing aan inwoners in die omgewing uitgereik en verdere laboratoriumtoetse uitgevoer om die resultate te bevestig. Dit volg nadat Midvaal Water AfriForum gekap het weens “vals nuus” oor die gehalte van drinkwater in die gebied.

“Ons wil graag 'n beroep doen op Midvaal Water om met ons hieroor te praat, aangesien ons nie enige formele kommunikasie  in 'n mediaverklaring uitgereik het dat daar iets skort met die water nie.”

Die uitvoerende hoof van Midvaal Water sê die gemiddelde nitraatkonsentrasie in water wat sy watersuiweringsaanleg verlaat, is 2,8 mg/L – ver onder die Suid-Afrikaanse nasionale standaard van 11 mg/L.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.