On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Skroothandelaar en drie verdagtes vas oor gesteelde koperkabels

───   HEIDRÈ MALGAS 11:18 Sun, 03 Sep 2023

Skroothandelaar en drie verdagtes vas oor gesteelde koperkabels | News Article
FOTO: Verskaf/SAPD

Die polisie het nog 'n oorwinning in die stryd teen koperkabel diefstal behaal.

Vier verdagtes, insluitend ’n skroothandelaar in Kutloanong, Odendaalsrus, sal Maandag voor die Odendaalsrus-landdroshof verskyn nadat hulle in besit gevind is met gesteelde koperkabels.

Polisiewoordvoerder Stephen Thakeng sê Kutloanong-inwoners het aan die diensdoende polisiebeamptes berig dat ’n verdagte koperkabel by ’n supermark in Blok 1 verkoop.

Thakeng sê die gemeenskapslede het die verdagte gearresteer, wat in besit van koperkabel bevind is.

“Daarbenewens is nog ’n koperkabel deur lede van die Odendaalsrus SAPD by die supermark gevind en in beslag geneem. Saterdagoggend (2/9) is ’n skroothandelaar (23), ’n 24-jarige verdagte en twee buitelandse burgers (38 en 43), gearresteer,” sê Thakeng.

Ses-en-veertig rolle van 18-kern koperkabel is op beslag gelê.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.