On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Dit BUZZZ op De Aar!

───   09:06 Mon, 04 Sep 2023

Sponsored09:06 Mon, 04 Sep 2023
Dit BUZZZ op De Aar! | News Article

Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.

Daar gaan gejol word – van toutrek, ‘slip and slides’ en ‘paintball’, tot ‘n motorfiets ‘rally’, in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels! Gas kunstenaars soos Demi-Lee Moore, Ivan Roux, Droom Sindroom, en vele meer sal oud en jonk vermaak. Besoek Laerskool De Aar se Facebook vir meer inligting. 

Jaco de Waal het met Pieter le Roux, Laerskool De Aar se skoolhoof, gepraat. Luister hier: 

Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!

Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n 'colour run, ’n 'paintball' kompetisie en die hoogtepunt - ‘n kaskarresies.  ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek.  Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.

Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol  EDDIES 'slip and slides' wees sowel as ‘n uitdagende Santam 'paintball'-baan.

Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek te geniet. Die motorfiets 'rally', ‘n nuutjie op die program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. 

Plaaslike kunstenaars, wat ook oud-leerlinge van dieskool is - Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu - skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees. Dit word opgevolg met optredes op die Novels verhoog deur GenT (20:00), Droomsindroom (21:00) en Demi-Lee Moore (22:00).

GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley, tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte” van die duif om op Saterdag, 14 Oktober, namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R3000 opgeveil was, sy koper R50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil. Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.

Daarna gaan gaskunstenaars Ivan Roux (om 21:00) en  Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk. 

Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in De Herberg Lodge stalletjie te koop wees. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto” braaistalletjie te koop wees.

Die Halewood kroeg sal sorg dat die kele in die Fit It-tent lekker nat hou vir die duur van die fees.
Saterdagoggend 14 Oktober skop ons af met ‘n vol program. Die strate van De Aar sal met ‘n gebrul van die motorfietse bewe as die optog deur die strate in die midde-dorp beweeg. Dieselfde tyd vind ‘n stap ten bate van Cansa plaas. Met die terugkeer sal die motorfietse ‘n paar toertjies in Visserstraat uitvoer wat opgevolg sal word met verskeie motorfietsspeletjies vir die hele gesin op die sportterrein.

Verder skop die Noord-Kaap toutrektoernooi om 08:00 af , die terrein nog ‘n nuutjie, naamlik die Gonder veerpyltjie-kompetisie vind vanaf 08:00 in die skoolsaal plaas.

Khula Motors borg die netbaluitdaging tussen die ouers en leerlinge wat om 13:30 afskop.

Die EDDIES 'slip and slips'  en Santam 'paintball-baan gaan deurentyd groot pret aan oud en jonk verskaf Die Fit It-tent gaan weer van vroegaand af kook met optredes deur Anke van der Westhuizen, Leandro De Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu. 

Nie net bied die Buzzz naweek gesinsvermaak vir oud en jonk nie, maar is dit ook ‘n groot fondsinsamelingspoging van Laerskool De Aar. 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.