Central SA
Pad tussen Sasolburg en Parys gesluit─── ZENANDE MPAME 11:10 Mon, 04 Sep 2023

Bestuurders word aanbeveel om die Barrage-roete in plaas van die R59 te neem.
’n Vragmotor wat 39 000 liter diesel vervoer het, het Maandagoggend (4/9) om 06:30 omgeslaan en petrol oor die hele pad gemors.
Die vragmotorbestuurder is na 'n plaaslike hospitaal vervoer vir behandeling van sy geringe beserings.
“Ons weet tans nie hoe lank die pad gesluit gaan wees nie, maar ons pleit by motoriste om saam te werk totdat die pad weer veilig is om te gebruik,” het Vrystaatse polisiewoordvoerder, Josephine Rani, gesê.
Bestuurders word aanbeveel om die Barrage-roete in plaas van die R59 te neem.