On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

20 insittendes in bakkie-ongeluk betrokke; vier dood

───   TSHEHLA KOTELI 07:58 Wed, 06 Sep 2023

20 insittendes in bakkie-ongeluk betrokke; vier dood | News Article

Vier van die 20 insittendes in ’n bakkie is in 'n ongeluk naby Villiers dood.

Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het Saterdagaand op die R26 sowat 5km vanaf Villiers gebeur. Die polisie het met hul aankoms die bakkie gekry wat op sy sy gelê het. 

Die bestuurder en nog ’n man is op die toneel dood verklaar. Die ander 18 insittendes is na die Mafube-hospitaal geneem.

Sondag is nog twee beseerdes in die hospitaal dood. Daar word vermoed dat die bestuurder uitgeswaai het om ’n ongeluk met ’n aankomende voertuig te voorkom. Die ander beseerdes word nog in die hospitaal behandel. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.