On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Skoolhoof bly positief nadat hy geskiet is

───   KAREN VAN DER BERG 08:34 Wed, 06 Sep 2023

Skoolhoof bly positief nadat hy geskiet is  | News Article
Coetzee sê hy ontvang uitstekende behandeling Foto verskaf

Hy sê ten spyte van die aaklige ervaring is hy positief en glo hy alles sal reg afloop.

“Ek glo in God en ek glo alles sal reg verloop van hier af.”

So sê Dirk Coetsee (55), die skoolhoof van die Hoërskool HTS Sasolburg, wat Vrydagoggend (1/9) in ’n gewapende rooftog in sy been geskiet is.

Coetsee en ander skoolhoofde van Sasolburg en Deneysville het ’n konferensie bygewoon en het in ’n selfsorgeenheid in Colchester naby Gqerberha gebly.

Hy is die enigste een wat in die gewapende roof geskiet is. “Die rowers het toegang tot die eiendom verkry. Hulle het van ons selfone en geld gesteel. Een van my ander kollegas het wakker geword en geskree. Die rowers het in ons rigting geskiet en ek is in die been getref.”

Hy is na die Life St. George-hospitaal in Gqerberha geneem. “Ek is later ontslaan en het terug gevlieg na Johannesburg en gereis na Sasolburg."

Hy het Maandag ’n ortopeed gaan sien, wat hom dadelik weer in die Cormed-hospitaal in Vaderbijlpark opgeneem het omdat hy bang was daar kan bloedklonte wees. Hy het ook ’n fraktuur opgetel.” Op die oomblik word daar nog op uitslae van skanderings gewag en Coetsee kan moontlik geopereer word. Coetsee sê die behandeling wat hy ontvang, is ongelooflik.

“Ek kry ook ontsettend baie ondersteuning van die gemeenskap en veral die skool. Daar is nie ’n manier wat ek nou eers by al my boodskappe en oproepe kan uitkom nie.”

Hy sê die ten spyte van die aaklige ervaring is hy positief. 

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.