Central SA
Cosatu neem stryd op teen Vrystaatse munisipaliteite oor fondsbydraes─── 07:37 Sat, 09 Sep 2023
Die werkersunie Cosatu sê kriminele sake is teen munisipaliteite se rade geopen en ’n massa-aksie is ook op hande.
Die werkersunie Cosatu sê kriminele sake is teen munisipaliteite se rade geopen en ’n massa-aksie is ook op hande.
Cosatu beplan dié massa-aksie omdat die munisipaliteite herhaaldelik fouteer deur nie personeel se pensioenaftrekkings aan aftreefondse oor te betaal nie.
Berugte wanbetalers sluit in Xhariep, Thabo Mofutsanyane, Matjhabeng, Ngwathe, Metsimaholo en Maluti-a-Phofung, wat pensioenfondse miljoene aan onbetaalde bydraes skuld.
The Citizen berig Cosatu en sy affiliasie Samwu het Woensdag na die Welkom-hoofkwartier in die Matjhabeng-munisipaliteit opgeruk om te eis dat die pensioene en mediese fondsskuld vereffen en salarisse betyds betaal word.
Optogte en betogings sal na verwagting volgende week plaasvind by Metsimaholo, Mohokare en Maluti-a-Phofung.
OFM Nuus
