On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde van Vrystaatse ouetehuis vermis

───   TSHEHLA KOTELI 10:35 Sat, 09 Sep 2023

Bejaarde van Vrystaatse ouetehuis vermis | News Article
Image: Vector Stock

Die vermiste Petrus Reynecke is laas gesien met 'n blou denimbroek, bruin baadjie en swart tekkies.

Die Vrystaatse polisie is op soek na 'n 62-jarige man van Vredeshof-ouetehuis in Dealesville, wat vermis geraak het. 

Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Petrus Reynecke is Dinsdagoggend laas by die ouetehuis gesien toe hy na die plek begin stap het waar mense saamrygeleenthede na Kimberley kry. 

Luidens berigte besoek die bejaarde man graag Kimberley se middestad, maar hierdie keer het hy nie teruggekeer nie en is hy as vermis aangemeld by die Dealesville-polisiekantoor. 

Die vermiste Petrus Reynecke. Foto: SAPD

Hy is laas gesien met 'n blou denimbroek, bruin baadjie en swart tekkies. Enigiemand met inligting word versoek om speursersant Matlhomola Mashwabi van Dealesville Speurdienste te kontak by 082 466 8604 of 060 935 2054.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.